Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma van Brakpan skiet glo haar 3 kinders, toe haarself

'n Vrou van Brakpan aan die Oos-Rand het glo haar drie kinders doodgeskiet voordat sy glo haar eie lewe geneem het.

Die huis in Sallies Village is ook in die proses aan die brand gesteek.

Die 40-jarige vrou, haar twee dogters van onderskeidelik 17 en 19 jaar oud, en haar tienjarige seun is met kopwonde in die huis gekry.

Die polisie het Woensdag omstreeks 17:00 berigte ontvang oor die huisbrand.

Die vrou se man het volgens die polisie by die huis aangekom en die brand geblus voor die brandweer op die toneel was.

"Die huiseienaar het self die brand geblus en die huis binnegegaan op soek na sy gesin, " sê kapt. Pearl van Staad, polisiewoordvoerder.

"Die man het op sy vrou en drie kinders in die sitkamer afgekom met skietwonde van 'n 9 mm-pistool, wat langs sy vrou op die vloer gelê het. Die vuurwapen behoort aan die huiseienaar," sê Van Staad in 'n verklaring.

Die polisie sê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en niemand is in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek 'n saak van driedubbele moord en het ook 'n geregtelike doodsondersoek gelas.

Meer oor:  Brakpan  |  Huisbrand  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.