Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma van Kraaifontein van kindertoelae beroof
Merle Boer (37) by een van die weldoeners wat vir haar vleis gebring het nadat sy beroof is.

’n Vrou van Northpine in Kraaifontein is Donderdag van haar kindertoelae beroof en met ’n vuurwapen oor die kop geslaan.

Volgens Merle Boer, ’n ma van vyf, het drie mans haar omstreeks 11:00 voorgekeer toe sy met R1 400 kontant, toiletware en kos van Shoprite na haar huis gestap het.

“Een van hulle het my R2 gevra. Toe ek die R2 wil uithaal, het hulle my beroof en met die agterkant van ’n vuurwapen oor die kop geslaan.”

Sy vermoed die aanvallers was tussen 19 en 20 jaar oud.

“Ek is nog nooit voorheen beroof nie. Ek het in trane uitgebars en toe ek by die huis kom, het dit gevoel asof ek wil omkap.

“Ek was baie bang. Toe hulle die vuurwapen uitruk, het ek gedink ek gaan sterf.”

Debra Visagie, Boer se ma, het gesê sy het gedink Boer gaan ’n hartaanval kry toe sy by die huis aangekom het.

“Sy was vaal om die kiewe. Toe ek hoor wat gebeur het, het ek ook gehuil. Toe Merle by die huis uit is, het ek ’n snaakse gevoel gekry. Ek is dankbaar vir die Here dat my kind veilig is.”

Boer het gesê verskeie lede van die gemeenskap het vir haar geld en kos gebring nadat hulle van die voorval gehoor het.

“Ek werk nie, so ek was baie bekommerd oor hoe ek deur die maand sou kom. Ek het vyf kinders. Ek is baie dankbaar vir die mense se hulp.”

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Kraaifonteinse polisie ’n gewapende rooftog ondersoek nadat ’n 37-jarige vrou in Wolwefonteinstraat beroof is.

Meer oor:  Kraaifontein  |  Beroof  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.