Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ma vas wat 2 kinders glo vir seksuele misbruik verkoop

’n Ma wat daarvan beskuldig word dat sy twee kinders vir seksuele misbruik verkoop het, sal Vrydag in ’n Oos-Kaapse hof verskyn.

Die twee kinders, ’n 13-jarige wat downsindroom het en haar 15-jarige niggie, is glo vir R450 elk deur die 13-jarige se 42-jarige ma aan twee mans in Keiskammahoek verkoop.

Die niggie het ten tyde van die voorval in dieselfde huis as die betrokke ma gewoon.

Albei kinders is reeds op 31 Maart ingevolge ’n hofbevel na ’n plek van veiligheid geneem nadat die Valke en die departement van maatskaplike werk inligting van ’n fluitjieblaser opgevolg het oor die beweerde mensehandel.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê die beweerde voorvalle het tussen Februarie 2019 en Maart 2021 gebeur. Die Valke ondersoek nog hoeveel transaksies plaasgevind het.

Die ma en twee mans, 32 en 36 jaar oud, wat glo betrokke was, is Woensdag in hegtenis geneem en sal Vrydag op aanklagte van mensehandel in die landdroshof in Keiskammahoek verskyn.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Seksuele Misbruik  |  Hof  |  Kinders  |  Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.