Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Mak’ diewe loop hul rieme styf
Die polisie het ook gesteelde sonpanele, wat aan Senwes behoort, opgespoor. Foto: SAPD
Die gholfklub se kasregister is ook teruggevind. Foto: SAPD

’n Groep diewe wat so “mak” is dat hulle twee bakkievragte gesteelde goed by Hennenman se gholfklub na Virginia weggery het, is nou agter tralies.

Kapt. Malebo Kohosana, polisiewoordvoerder, sê danksy goeie speurwerk is die inbrekers sommer ook vir ’n paar ander inbrake in Hennenman aangekeer.

Die diewe het verlede Dinsdag by die gholfklub, ook bekend as die Whites-gholfklub, buite die dorp ingebreek.

Jakkie Smith, klubvoorsitter, sê die klub is nie elke dag oop nie en die elektriese kabel by die klub is reeds voorheen gesteel.

Die diewe het hul kans waargeneem omdat die alarmstelsel nie werk nie en toegeslaan.

Die drank wat die polisie kon terugkry. Foto: SAPD

“Hulle het die klub gestroop en drie televisiestelle, vier groot en duur grassnyers wat op die gholfbaan gebruik word, gasverwarmers, drank, die kasregister, ’n sigaretmasjien, vrieskaste en die klankstelsel gesteel,” sê Smith.

Smith sê hy het net lof vir Hennenman se polisie wat reeds Donderdag ’n deurbraak gemaak en die diewe aangekeer het.

“Van hulle het glo lekker buite ’n huis in Virginia gekuier,” sê Smith.

Een van die mans bly glo naby die gholfklub en dit is hy wat die inligting gee en die inbrake reël.

Smith het bykans alles wat gesteel is, teruggekry. Die drank is net effens minder as wat die klub in voorraad gehad het en die R500 wat in die kasregister was, is ook weg.

Khosana sê die polisie het op sonpanele wat op twee geleenthede by Senwes in Hennenman gesteel is, asook ’n gesteelde bromponie, beslag gelê.

Die drie, Kabelo Clifford Modise (23), Letsatsi Ntsuba (27) en George Tovela (46), het reeds in die hof verskyn en sal Vrydag om borgtog aansoek doen.

Meer oor:  Virginia  |  Henneman  |  Diefstal  |  Diewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.