Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Malawi amptelik gevra om Bushiri’s uit te lewer

Suid-Afrika het die regte protokol gevolg toe hy Malawi gevra het om die selfverklaarde profeet en sakeman Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, aan Suid-Afrika uit te lewer.

Die bal is nou in Malawi se baan om die egpaar opnuut in hegtenis te neem, sê adv. JJ du Toit, ’n afgetrede adjunkdirekteur van openbare vervolgings.

Die selfverklaarde profeet en sakeman Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary.

Hulle is vroeër in Suid-Afrika aangekla van bedrog, korrupsie en geldwassery van sowat R102 miljoen, terwyl Bushiri ook deur drie aanklagte van verkragting in die gesig gestaar word.

Die egpaar het ’n paar weke gelede uit die land gevlug en teruggekeer na hul geboorteland, Malawi.

Nadat Suid-Afrika Interpol se hulp ingeroep het, het die Bushiri’s hulle aan die owerhede daar oorgegee en hulle is voorlopig in hegtenis geneem.

’n Magistraat het egter gelas dit was onwettig en hulle is vrygelaat. Die egpaar betwis Interpol se lasbrief.

Die ministerie van justisie en korrektiewe dienste het Vrydagmiddag in ’n verklaring bevestig ’n versoek dat die Bushiri’s aan Suid-Afrika uitgelewer word, is kragtens die protokol van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) oor uitlewering en kragtens ’n bestaande uitleweringsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Malawi aan die owerhede in Malawi oorhandig.

Die bal is nou in Malawi se baan en dit sal interessant wees om te sien of die egpaar nou weer in hegtenis geneem sal word.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het die versoek met stawende dokumente namens die departement van justisie en korrektiewe dienste oorgedra.

Dit moes binne 30 dae gedoen word, maar dit is binne twee weke in opdrag van Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, gedoen.

Lamola sê hy glo Malawi sal in die lig van die goeie betrekkinge tussen die twee lande gehoor gee aan Suid-Afrika se versoek.

Du Toit, wat baie ervaring van uitlewerings het, sê Suid-Afrika het “heeltemal korrek” opgetree.

“Die bal is nou in Malawi se baan en dit sal interessant wees om te sien of die egpaar nou weer in hegtenis geneem sal word.”

Die egpaar hou vol hulle het niks verkeerd gedoen nie.

Malawi se direkteur van openbare vervolging appelleer intussen ook teen die beslissing van die magistraat dat die egpaar se voorlopige inhegtenisneming onwettig was. Die saak in die hooggeregshof in Lilongwe is tot 14 Desember uitgestel.

Du Toit sê die kwessie oor hul voorlopige inhegtenisneming is nou nie meer relevant nie aangesien die volledige aansoek in Malawi se hande is.

“Die Malawiese owerhede kan hulle nou summier in hegtenis neem ongeag wat vroeër gebeur het.”

Omdat die egpaar hul borgtogvoorwaardes oortree het en versuim het om ’n paar weke gelede in die hof te verskyn, het die Pretoriase landdroshof hul borgtog, asook ’n huis van die beskuldigdes, verbeurd verklaar aan die staat.

Lasbriewe is ook vir hul inhegtenisneming uitgereik.

Die egpaar hou vol hulle het niks verkeerd gedoen nie.

Meer oor:  Mary Bushiri  |  Shepard Bushiri  |  Polisie  |  Vlug  |  Korrupsie  |  Profeet  |  Diefstal  |  Valke  |  Lasbrief  |  Bedrog  |  Geldwassery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.