Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (21) in verband met Paassondag-moorde aangekeer

’n Man sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Qwaqwa verskyn in verband met ’n aanval op Paassondag waarin vyf familielede vermoor en ’n 11 maande oue babaseun vermoedelik met ’n knopkierie in die gesig geslaan is.

Volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, is die 21-jarige man Woensdag omstreeks 19:30 in die Mphatlalatsane-woonbuurt in Qwaqwa aangekeer. Die polisie hoop om binnekort nog mense in hegtenis te neem.

Die man se inhegtenisneming spruit uit die voorval Sondag omstreeks 03:30 waarin die vyf familielede in Namahadi vermoor is.

Met die polisie se aankoms op die toneel is Moliehi Thoabala (38) en haar man, Safolo Mofokeng (36), dood aangetref. Thoabala is in die maag geskiet en Mofokeng se lyk is in hul uitgebrande huis gekry.

In nog ’n huis is Relebohile Lemeko (48), haar seun, Tatolo Lemeko (22), en dogter, Masabata Lemeko (25), aangetref. Hulle het al drie doodgebrand. Die 11 maande oue seun is in die hospitaal nadat hy met vermoedelik ’n knopkierie in die gesig geslaan is.

Die man word van moord, poging tot moord en brandstigting aangekla.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.