Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (23) vas oor rooftog by blyplek in Klein-Brakrivier

’n Man (23) is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ’n gewapende rooftog verlede week by ’n verblyfplek in Klein-Brakrivier in die Suid-Kaap.

Die rooftog het op 8 Julie plaasgevind, sê sers. Chris Spies, ’n woordvoerder. Die man het na bewering die verblyfplek omstreeks 20:00 met ’n vuurwapen binnegekom. Hy het die ontvangsdame gedreig en is toe na die kasregister. Die man het glo ’n onbekende bedrag geld gesteel en weggehardloop.

Die man is Vrydag ná ’n intensiewe ondersoek in hegtenis geneem, sê Spies. Hy sal Maandag in die hof in Groot-Brakrivier op aanklag van gewapende roof verskyn.

Volgens Spies ondersoek die polisie in Kwanonqaba, Mosselbaai, ook twee voorvalle van roof op 6 Julie.

In die een voorval het vier verdagtes (waarvan een ’n vuurwapen gehad het) omstreeks 20:30 ’n spazawinkel by Sixaxenistraat binnegegaan. Die winkeleienaar is gedreig en kontant en sigarette is gesteel.

In die tweede voorval, omstreeks 19:30, het drie verdagtes op nog ’n winkel toegeslaan. Die winkeleienaar is gedreig en ’n skoot is afgevuur. ’n Onbekende bedrag geld is gesteel en die verdagtes het in ’n Toyota Tazz weggejaag. Die motor is later verlate in Aslapark gekry.

Die winkeleienaar is na ’n hospitaal geneem met beenbeserings. Hy sterk aan in die hospitaal.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Vusumzi Ndala, by 044 606 5607 skakel.

Meer oor:  Klein-Brakrivier  |  Suid-Kaap  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Woning  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.