Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (23) voor swanger vriendin doodgeskiet
’n Man is Saterdagaand ten aanskoue van sy vriendin agter die stuur van dié Volkswagen Golf in Verulam in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Foto: Prem Balram

’n 23-jarige man is Saterdagaand ten aanskoue van sy swanger vriendin in Verulam, KwaZulu-Natal, gedurende ’n mislukte motorkaping doodgeskiet.

“Die voorval het omstreeks 19:04 in Verulam gebeur,” het Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy in die omgewing, aan Netwerk24 gesê.

“Veiligheidsbeamptes het op die toneel afgekom nadat hulle twee mans gesien het wat van ’n blou Volkswagen Golf weghardloop en in die bosse langs die pad verdwyn. By nader ondersoek is die lyk van ’n 23-jarige man aan die bestuurderskant van die voertuig gevind. Hy is verskeie kere in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar. Die man se vriendin, wat swanger is, is ook aangerand. Dit lyk asof die mans aanvanklik die voertuig wou kaap,” het Balram gesê.

Die twee mans het selfone en kontant van die paartjie gevra nadat hul voertuig vroeër die aand langs die pad in die Missionlands-nywerheidsgebied in Verulam met meganiese probleme gaan staan het.

“Die presiese omstandighede sal deur die polisie ondersoek word,” het Balram gesê.

’n Woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Verulam  |  Kzn  |  Kaping  |  Man Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.