Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (24) by dam doodgeskiet

’n Man is Sondag doodgeskiet terwyl hy saam met vriende by die Willowdam in Uitenhage gekuier het.

Volgens die Oos-Kaapse polisie is Keanan Magnie (24) omstreeks 16:30 by die dam doodgeskiet.

Keanan Magnie (24) is Sondag doodgeskiet. Foto: Facebook, Keanan Magnie

Dié dam in Channerstraat lok veral oor naweke talle besoekers wat onder die bome met piekniekmandjies uitspan.

Magnie het die middag in die geselskap van ’n groep vriende by die dam deurgebring toe hy geskiet is.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê hy is na bewering deur twee mense aangeval. Hy het verskeie skietwonde aan sy bolyf opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Sy twee aanvallers het glo weggehardloop.

Swart sê niemand anders is in die skietery beseer nie.

Polisiebeamptes by die Willowdam in Uitenhage waar Keanan Magnie (24) Sondag doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Brig. Ronald Koll, waarnemende bevelvoerder van die Uitenhage-polisiegebied, het die skietvoorval veroordeel.

Enigeen met inligting oor die skietery kan die Uitenhage-polisiekantoor by 041 996 3438 bel.

Meer oor:  Uitenhage  |  Doodgeskiet  |  Dam  |  Piekniek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.