Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (27) vas nadat tiener op 5 j. verkrag is

Die polisie in Nyanga, Kaapstad, het ’n 27-jarige man vasgetrek in verband met die verkragting van ’n meisie toe sy vyf jaar oud was.

Volgens die Wes-Kaapse polisie het ’n tienermeisie vir haar familie vertel die man het haar destyds na sy huis gelok met beloftes dat hy ’n pak skyfies gaan koop. Hy het haar toe verkrag.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die slagoffer se familie het gesien haar gedrag verander en sy het toe erken dat sy as vyfjarige verkrag is.

Die man sal vandeesweek in die landdroshof in Wynberg verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.