Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man, 3 kinders doodgeskiet, 2 ma's gewond

* Die polisie het in 'n verklaring wat Dinsdag omstreeks 08:00 uitgereik is, gesê twee verdagtes is in verband met die skietvoorval aangekeer.

"Een 30-jarige verdagte is in die vroeë oggendure in dieselfde gebied in hegtenis geneem. 'n Paar uur later is nog 'n 36-jarige verdagte aangekeer. Hulle sal in die hof verskyn sodra hulle formeel aangekla is."

Die polisie het ook in sy verklaring bevestig dat die ondersoekers kyk na die moontlikheid dat die skietery bendeverwant was.


Drie kinders en 'n 19-jarige man, wat na bewering bande met bendes gehad het, is Dinsdagaand doodgeskiet toe twee aanvallers omstreeks 23:00 by 'n wendyhuis in Elsiesrivier in Kaapstad ingebars en op hulle losgebrand het.

Twee vroue van onderskeidelik 30 en 33 jaar oud, wat saam met hul kinders in die wendyhuis agter 'n woonstelgebou in Meltonweg in Clarke Estate geslaap het, is gewond. 

'n Bron na aan die ondersoek het aan Netwerk24 gesê twee van die kinders was 'n 10-jarige sussie en haar 12-jarige broertjie. Die derde kind wat doodgeskiet is, was ook 12 jaar oud. 

'n Polisiebron het gesê die 19-jarige man wat doodgeskiet is, het na bewering bendebande.

Volgens ooggetuies het die twee aanvallers glo ná die skietery weggehardloop. Die twee vroue is in 'n plaaslike hospitaal opgeneem.

Meltonweg, Clarke Estate
Die gebied in Clarke Estate, Elsiesrivier waar die skietery plaasgevind het. Foto: Google Maps

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Kaapstad  |  Bendes  |  Bende  |  Kinders  |  Skietery  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.