Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (48) tydens inbraak doodgeskiet

Die polisie ondersoek ’n saak van moord ná die skietdood van ’n 48-jarige man van Homelake, Randfontein, tydens ’n inbraak Vrydagaand.

Kapt. Kay Makhubela sê die polisie is na die toneel ontbied nadat ’n verbyganger die lyk voor die huis gewaar het.

“Ons kan nog nie die motief vir die moord bevestig nie, maar ons ondersoek die saak.”

Ross Campbell, ER24-woordvoerder het bevestig dat paramedici Saterdagoggend net na 10:00 na die toneel ontbied is.

“Die man het ’n geweerskoot deur sy bekken gehad en is op die toneel dood verklaar.”

Meer oor:  Randfontein  |  Moord  |  Inbraak  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.