Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (54) se lyk in huis in Kenton on Sea gevind

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ’n moordsaak nadat 54-jarige man se lyk Maandagoggend in sy huis in Kenton on Sea gekry is.

Teen die aand het die polisie bevestig hy ondersoek die moord op Johannes Petrus van der Merwe (54) en het ’n beroep op die publiek om die polisie te kontak as hulle enige inligting hieroor het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê Van der Merwe het volgens hul inligting alleen gewoon. ’n Familielid het hom die oggend probeer kontak. Toe hy hom nie in die hande kon kry nie, is hy na sy huis, waar hy die lyk ontdek het.

“Die voor- en agterdeur was albei oop en dit lyk nie asof dit oopgedwing is nie. Die motief vir die moord is onbekend.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan konst. Rodwell Koeries by 082 416 8471 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.