Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (61) in huis geskiet toe hy en vrou slaap

’n Man (61) van Chartwell in Johannesburg is in sy huis geskiet toe hy en sy vrou geslaap het. Die moordenaars het hom in sy bolyf geskiet.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die voorval Dinsdag omstreeks 23:46 plaasgevind.

“Die slagoffer en sy vrou het geslaap toe die twee verdagtes hul kamer binnegaan,” sê Masondo.

Die booswigte het toegang tot die huis gekry deur ’n venster. Hulle het twee televisiestelle en ’n selfoon gesteel. Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisroof.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê toe paramedici omstreeks 00:15 op die toneel kom, het die man buite die deur gelê.

“Paramedici het die man ondersoek en gesien hy het twee skietwonde opgedoen en is in ’n kritieke toestand,” sê Meiring.

Die man is na die Life Fourways-hospitaal geneem om gestabiliseer te word, waarna hy na die Helen Joseph- provinsiale hospitaal oorgeplaas is. Hy het aan sy beserings beswyk.

Masondo vra dat enigiemand met inligting oor die voorval hul naaste polisiekantoor bel.

Dinsdagoggend is ’n egpaar, Peet en Rita van Wyk van Roodeplaat in Pretoria, ook deur twee aanvallers in hul huis oorrompel. Die twee het toegang gekry deur ’n venster.  Masondo sê die ooreenkomste tussen die twee voorvalle vorm deel van die ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.