Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (67) vas oor wapens in huis in Somerset-Wes

’n 67-jarige man wat buite Somerset-Wes woon, is Dinsdag vir die besit van minstens 20 vuurwapens en plofstof in hegtenis geneem.

Lede van die Kaapstad-metro se stabiliseringseenheid het op hierdie en ander vuurwapens in ’n huis op die Briza-landgoed buite Somerset-Wes beslag gelê. Foto: Kaapstad-metroraad

Wayne Dyason, woordvoerder van die Kaapstad-metro se wetstoepassingseenheid, het Donderdag gesê hul lede het ’n wenk ontvang dat ’n man wat in die Somerset-Wes-gebied woon, ’n groot aantal wapens en patrone in sy besit het.

Hulle het hom besoek en uitgevra. Sy huis op die Briza-landgoed is deursoek en daar is op 16 gewere, vier pistole, patrone, buskruit en verfbalgewere afgekom. Lede van die metro se stabiliseringseenheid het hom in hegtenis geneem.

“Ander tipes plofstowwe is ook gekry,” het Dyason gesê.

Volgens hom sal die man sal van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die onwettige besit van plofstowwe aangekla word.

Lede van die Kaapstad-metro se stabiliseringseenheid het op patrone en buskruit in ’n huis op die Briza-landgoed buite Somerset-Wes beslag gelê. Foto: Kaapstad-metroraad

In ’n ander voorval het lede van die Steenberg-polisie se misdaadvoorkomingseenheid Woensdag ’n 23-jarige man in Lavender Hill in hegtenis geneem nadat hulle ’n ongelisensieerde vuurwapen en patrone by hom gekry het.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê dat polisielede in Depsitonsingel, Lavender Hill, met patrolliewerk besig was. Dit was omstreeks 23:30 en hulle was volgens Van Wyk besig met deursoekings toe die man hul gemerkte voertuig sien en weghardloop.

Volgens van Wyk het die polisielede die man agternagesit en aangekeer. Hulle het hom gevisenteer en ’n swart Girsan-pistool met 14 patrone by hom gekry.

Van Wyk sê die man sal in die landdroshof in Wynberg op aanklagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie verskyn.

Lede van die Steenberg-polisie het dié pistool en patrone Woensdagaand in ’n 23-jarige man van Lavender Hill se besit gekry. Die man is in hegtenis geneem. Foto: SAPD

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Plofstof  |  Misdaad  |  Wapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.