Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (68) en hond by huis in Centurion doodgeskiet

’n Man (68) en sy hond is vroeg Woensdagoggend by sy huis in Centurion doodgeskiet.

Die man het saam met iemand buite in sy erf gesit toe vier mans op hulle skiet, sê kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

“Die verdagtes het van die agterkant van die huis gekom en begin skiet sonder om ’n woord te sê. Die 68-jarige man is in sy bolyf getref en op die toneel dood. Daar is ook na sy honde geskiet, en een is doodgeskiet,” sê Masondo.

Die ander man is nie beseer nie.

Die polisie kon nog nie bevestig of enigiets uit die man se huis geroof is nie, en die motief vir die skietery is nog nie duidelik nie.

Die polisie soek na die vier mans. Mense wat kan help met inligting kan die polisie se Stop Misdaad-nommer by 086 001 0111 skakel.

Meer oor:  Centurion  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.