Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (70) vas ná gewapende rooftog

’n Man is in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik deel was van ’n ontvoering en toe ’n gewapende rooftog by ’n dobbelplek in Uitenhage in die Oos-Kaap.

Dié 70-jarige man is een van twee verdagtes wat Sondagoggend vasgetrek is ná ’n rooftog by die Galaxy Bingo.

Na verneem word het die rowers hul plan reeds om 05:30 in werking gestel toe ’n groep mans ’n bestuurder van die Galaxy Bingo en sy verloofde by sy huis in Wells Estate oorrompel en ontvoer het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, word beweer die bestuurder is in ’n rooi Isuzu-bakkie gedwing, terwyl sy verloofde in ’n silwer Volkswagen Polo gedwing is.

Sowat 45 minute later is die bestuurder saam met twee van die ontvoerders by die Galaxy Bingo in Unionrylaan in Uitenhage afgelaai.

Die veiligheidswagte by die ingang van die gebou het onraad vermoed en die bestuurder saam met die twee onbekende mans binne toe gevolg. In die gebou is die veiligheidswagte saam met die bestuurder met ’n wapen gedreig en daarna met kabelbinders vasgebind.

Nóg ’n bestuurder het kort daarna opgedaag en hy is deur die gewapende mans gedwing om die kluis oop te maak.

Naidu sê die polisie is kort daarna ingelig oor gewapende rowers wat in die veiligheidswagte se groen en grys Toyota Avanza gevlug het.

Die motor is omstreeks 09:00 op die R75 naby Chatty voorgekeer en die 70-jarige man is in hegtenis geneem.

Die polisie het nog inligting opgevolg en ’n 24-jarige man by ’n huis in die NU-2-gebied in Motherwell aangekeer. Die polisie het ook daar op ’n rooi Isuzu-bakkie beslag gelê.

Naidu sê die bestuurder se verloofde is later die oggend ongedeerd by die huis aangetref. Die polisie moet nog ’n verklaring by haar kry om vas te stel wat met haar gebeur het nadat die ontvoerders haar in die Polo geboender het.

Teen Maandag was al die gesteelde geld nog vermis en ’n soektog na die ander verdagtes duur voort.

Die twee wat vasgetrek is, sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Uitenhage verskyn op aanklagte van ontvoering en roof by ’n sakeperseel.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Ontvoer  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.