Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (75) vas vir beweerde bedrog met Ters-fonds
Masenyani William Khosa (75) is Donderdag weens beweerde bedrog in Limpopo in hegtenis geneem. Foto: Valke
’n Lid van die Valke neem verlede week vir Hlamalani Dorris Mashimbye (47) weens beweerde bedrog in hegtenis. Foto: Valke

’n 75-jarige man het Vrydag in verband met beweerde korrupsie met geld van die Covid-19-Ters-fonds in die landdroshof in Malamulele, Limpopo, verskyn.

Masenyani William Khosa (75) is Donderdag gedurende ’n klopjag deur die Valke in hegtenis geneem.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê Khosa sal die naweek agter tralies deurbring.

Hy is in hegtenis geneem nadat Hlamalani Dorris Mashimbye (47), direkteur van die Mtititi Drop-in Centre in Malamulele, verlede week ook weens beweerde bedrog in hegtenis geneem is.

Maluleke sê Mashimbye het tussen April en Augustus vanjaar glo R3,2 miljoen as deel van die Covid-19-Ters-fonds gekry wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) bestuur word. Sy het aangevoer die geld is nodig vir 242 van haar werkers wat deel is van die regering se program vir uitgebreide openbare werke (EPWP).

Hlamalani Dorris Mashimbye (47) van Malamulele is weens beweerde bedrog deur die Valke in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Die Valke het egter glo vasgestel dat die werkers se kontrakte beëindig is voordat die nasionale inperking weens die koronavirus begin het. Maluleke sê die R3,2 miljoen is na bewering nooit aan die werkers oorbetaal nie.

Die Valke het glo in hul ondersoek bevind dat Khosa onlangs sowat R150 000 uit ’n bankrekening van die Mtititi Drop-in Centre, wat aan Mashimbye behoort, onttrek het. Hulle was glo kop in een mus.

Mashimbye het Maandag op aanklagte van korrupsie in die landdroshof in Malamulele verskyn.

Makhosonke Buthelezi, woordvoerder van die WVF, het aan Arisa Janse van Rensburg gesê ’n forensiese span is aangestel om elke betaling van die Covid-19-Ters-fonds na te gaan.

Maluleke en Mashimbye sal Maandag saam weens die beweerde bedrog in die landdroshof verskyn.

Meer oor:  Ters-Fonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.