Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (76) van Groblersdal in huis vermoor

Dit lyk of ’n 76-jarige inwoner van Groblersdal met alles in hom terugbaklei het toe hy Vrydagaand in sy huis aangeval en vermoor is.

Koos Dreyer se lyk is laataand in die badkamer gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê Dreyer se lyk het in ’n plas bloed gelê. Hy het verskeie wonde aan sy lyf gehad. Dit is nie bekend waarmee hy aangeval is nie.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê volgens hul inligting was daar tekens van ’n worsteling in Dreyer se motorhuis, TV-kamer en in die badkamer.

“Daar was egter geen teken van gewelddadige betreding nie,” sê hy.

Volgens Ngoepe is Dreyer se lyk net voor 23:00 gevind.

“Die polisie het dadelik met ’n uitgebreide soektog na die verdagtes begin nadat hulle ingelig is oor die moord in ’n huis in Groblersdal. Die omstandighede rondom die voorval is nog onbekend,” sê hy.

* AfriForum het intussen gereël vir berading vir Dreyer se familie en vir ’n professionele misdaadtoneel-skoonmaker wat sal help sodra die polisie klaar is met hul ondersoek op die toneel.

Meer oor:  Groblersdal  |  Misdaad  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.