Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer ná lyk in begraafplaas gevind is

’n Man bekend aan ’n verstandelik gestremde vrou wie se lyk vroeër deur ’n werker in ’n begraafplaas in Upington gevind is, verskyn eersdaags weens haar moord in die hof.

Le-Jahne Ashanta Maans (26) se lyk is verlede Donderdag omstreeks 11:00 deur werkers in die Morning Glory-begraafplaas in Rosedale, Upington, gevind.

Le-Jahne Ashanta Maans Foto: Verskaf

Maans is vermoedelik verkrag en verwurg en in die begraafplaas gelaat.

Sy was ’n bekende in Rosedale en is as ’n spontane en uitgesproke vrou beskryf.

Kapt. Gerrit Mouton, polisiewoordvoerder, sê ’n 46-jarige man is Vrydagaand by sy huis in Rosedale aangekeer.

Barry Bosman, ’n wyksraadslid in Rosedale, sê Maans se familie is platgeslaan oor haar dood en die manier waarop sy gesterf het.

Hy sê genoeg is genoeg. “Dit kan nie so aangaan nie.”

Hy het ’n beroep op die polisie gedoen om so spoedig moontlik hul ondersoek af te handel sodat geregtigheid kan geskied. Verder het hy ’n beroep gedoen dat die onwettige verkoop van dwelms en drank in die Rosedale-gemeenskap stopgesit word.

Meer oor:  Upington  |  Polisie-Ondersoek  |  Begraafplaas  |  Misdaad  |  Lyk Gevind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.