Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer ná moord op leier in Richmond
Thandazile Phoswa, onderburgemeester van die Richmond-munisipaliteit. Foto: Facebook

’n Man (36) is aangekeer vir ondervraging in verband met die moord op die onderburgemeester van Richmond, Thandazile Phoswa.

Dit is die tweede moord met ’n moontlike politieke verbintenis wat die afgelope maand in KwaZulu-Natal gepleeg is.

News24 berig Phoswa is Sondagaand doodgeskiet. Sy is met ’n kopwond in haar huis gevind.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê dit is nie bekend of Phoswa die man geken het nie.

Die omstandighede wat tot haar dood gelei het, word ondersoek.

Phoswa is dood net ’n maand nadat Richmond se munisipale bestuurder doodgeskiet is, vermoedelik in ’n huurmoord.

Die ANC in KwaZulu-Natal het reeds simpatie met Phoswa se familie betuig. Die party het sy tevredenheid uitgespreek dat die man vir ondervraging aangekeer is.

Die party het lede van die gemeenskap gevra om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk.

* Sedert 2011 was daar reeds meer as 80 politiek verwante moorde in die provinsie.

Slagoffers sluit in lede van politieke partye, raadslede en kandidate vir stadsraadsverkiesings.

Willies Mchunu, premier van die provinsie, het reeds vroeër die Moerane-kommissie op die been gebring om politieke moorde sedert 2011 te ondersoek.

Meer oor:  Richmond  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.