Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer ná plaasaanval by Addo

Enkele ure nadat ’n bejaarde boer en sy suster op ’n plaas by Addo in die Oos-Kaap aangerand en beroof is, het die polisie die eerste verdagte aangekeer.

Lennox Wells. Foto: Facebook

’n 26-jarige man is Donderdag omstreeks 06:30 vir die aanval op Lennox Wells (86) se plaas aangekeer, sê sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder.

Vroeër is berig Wells is in die vroeë oggendure van Donderdag deur gewapende mans in sy kamer wakker gemaak. Sy 88-jarige suster is ook in haar kamer wakker gemaak en toe vasgebind.

Volgens die polisie is Wells deur die drie mans met die vuis geslaan, voordat hy die kluis se sleutel aan hulle gegee het.

Die mans het met ’n haelgeweer, ’n .303-geweer en twee televisiestelle gevlug.

Die polisie het spoedig leidrade opgevolg en een van die vermeende aanvallers by sy huis in die Nomathamsanqa-gebied in Addo vasgetrek. Nkohli wou nie sê hoe die verdagte met die aanval verbind word nie.

Hy sê die verdagte is ook met ’n ongelisensieerde 9 mm-pistool en patrone in sy besit betrap. Dit sal ondersoek word of dié pistool gesteel is.

Die man sal binnekort op aanklagte van huisroof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en patrone in die hof verskyn.

Die soektog na die man se makkers duur voort.

Meer oor:  Lennox Wells  |  Sers. Majola Nkohli  |  Addo  |  Plaasaanval  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.