Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer ná sersant se skietdood

’n Man is Dinsdag deur die Valke aangekeer en sal Vrydag in die landdroshof in Simonstad verskyn in verband met die moord die naweek op ’n polisiesersant van die Steenberg-polisiekantoor.

Sers. Malose Libelo (38) is Sondag om 01:40 in Vrygrond naby Muizenberg doodgeskiet. Hy is met vier kopwonde in Disastraat gekry.

Zinzi Hani, Wes-Kaapse woordvoerder van die Valke, het Donderdag gesê ’n ondersoekspan bestaande uit lede van die eenheid teen geweldsmisdaad en die nasionale intervensie-eenheid het inligting oor die voorval opgevolg.

In hul ondersoek het hulle op Libelo se gesteelde dienspistool afgekom. Die 30-jarige man is daarna in hegtenis geneem.

Libelo is die tweede polisielid wat die afgelope drie weke in Kaapstad vermoor is.

Konst. Khangelani Magqabini (40) is op 19 Maart in Delft vermoedelik ná ’n onderonsie met ’n motoris voor sy huis doodgeskiet.

Craig Amon het hom op 21 Maart aan die polisie oorgegee en het reeds op aanklag van moord in die hof verskyn.

Magqabini, van die Mowbray-polisiekantoor, was nie aan diens toe hy doodgeskiet is nie.

Hy en ’n vriend het in Delft-Suid gery toe hy glo in die rusie betrokke geraak het omdat ’n motoris onverskillig gery het.

Hulle is ná die voorval na sy huis in Delft, maar het nie besef hulle word agtervolg nie. Die vriend het in die motor gewag en toe Magqabini uitkom, is hy geskiet.

Hy is drie keer getref en is geneem na die Melomed-hospitaal in Mitchells Plain, waar hy later dood is.

Hy was sowat 11 jaar in die polisie.

Meer oor:  Valke  |  Zinzi Hani  |  Malose Libelo  |  Muizenberg  |  Skietdood  |  Sersant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.