Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer ná skietvoorval in Strand

’n Man (29) is Woensdagaand in hegtenis geneem in verband met ’n skietvoorval wat Saterdag in die Strand plaasgevind het.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die man van die Strand glo ’n 31-jarige man omstreeks 01:00 in Petunialaan geskiet.

“Die gewonde man is vir behandeling na die Tygerberg-hospitaal gehaas. Die verdagte het kort ná die voorval van die toneel gevlug,” sê Van Wyk.

Die polisie het Woensdagaand ten tyde van ’n polisieoptrede ’n adres in die Strand besoek en op ’n 9 mm-pistool en ammunisie beslag gelê.

Die verdagte is in hegtenis geneem en word met die voorval Saterdagaand verbind.

Hy sal binnekort in die landdroshof in die Strand verskyn op aanklagte van poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Van Wyk sê voorts dié inhegtenisneming en beslaglegging dra by tot die polisie se voortgesette pogings om te verseker dat die gemeenskap veilig voel.

Meer oor:  Man  |  Strand  |  Skietvoorval  |   |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.