Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer wat hom as eiendomsagent voordoen

Die polisie in KwaZulu-Natal het mense Woensdag versoek om die identiteit van eiendomsagente te verifieer en om deeglike navorsing te doen oor huise wat te koop aangebied word voordat hulle dokumente onderteken.

Dié waarskuwing volg nadat ’n 47-jarige man Maandag in Durban in hegtenis geneem is toe hy hom as ’n eiendomsagent voorgedoen en huise in Umlazi en Durban as te koop aangebied het.

“Die ondersoek het getoon dat die verdagte niksvermoedende en desperate huisverkopers op sosiale media genader het met beloftes om hul eiendom teen ’n sekere bedrag te verkoop,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.

Volgens Gwala het die polisie beslag gelê op die man se skootrekenaar, selfoon en vervalste dokumente.

“Die verdagte word tot dusver positief verbind met ’n saak van bedrog waar hy ’n huis sonder die medewete van die eienaar met vervalste dokumente teen ’n bedrag aan iemand wou verkoop.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.