Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer wat kitsbank opblaas

’n Man is Dinsdagoggend kort nadat hy ’n kitsbank in Zwlethemba in Worcester in die Wes-Kaap opgeblaas het deur die polisie in hegtenis geneem.

Die kitsbanke wat by ’n winkel in Mzwatistraat in Zwelethemba, Worcester, opgeblaas is. Foto: SAPD

Die voorval het omstreeks 02:00 plaasgevind.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisiebeamptes het gereageer op ’n ontploffing by ’n winkel in Mtwazistraat. Hulle het dit opgevolg en op die toneel gesien hoe ’n 24-jarige man van die toneel vlug.

Die man is agternagesit en in hegtenis geneem. Van die gesteelde geld is nog in sy besit gevind.

Hy sal in die landdroshof in Worcester verskyn sodra hy aangekla is.

’n Gedeelte van ’n kitsbank nadat dit in Zwelethemba opgeblaas is. Foto: SAPD

Meer oor:  Worcester  |  Kitsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.