Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer wat ouma, kleinkind met byl vermoor

Die polisie in die Oos-Kaap het Saterdag ’n man (38) in Centane in hegtenis geneem wat ’n vrou en haar tweejarige kleinkind met ’n byl doodgekap het.

Die polisie sê die “grusame” moordtoneel waar Nowentile Mkhosana (72) en haar kleindogter (2) vermoor is, is Vrydag omstreeks 12:00 ontdek.

Die polisie het op die twee verminkte lyke in Mkhosana se huis in die Khabakazi-nedersetting afgekom.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die polisie vermoed ’n byl is gebruik om die moorde te pleeg en die toneel is onmiddellik vir leidrade gefynkam.

Manatha sê die man sal Maandag in die landdroshof in Centane op ’n aanklag van moord verskyn.

“Die motief vir die moorde is nog duister,” sê Manatha.

Brig. Trevor Mey, bevelvoerder van die Butterworth-polisiegroep, het die moorde ten sterkte veroordeel en sê, “die moorde op bejaarde en hulpelose vroue en kinders is sinneloos. Ek loof die polisielede van Centane vir hul spoedige en suksesvolle optrede om ’n verdagte in hegtenis te neem.” 

Meer oor:  Man  |  Aangekeer  |  Bejaarde  |  Kind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.