Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer wat soldaat in Ngcobo skiet

Die Oos-Kaapse polisie het ’n man vasgetrek wat vir die moord op ’n soldaat en ’n leerling gesoek is.

Volgens die polisie word dié 25-jarige verdagte verbind met die skietdood van Freddy Mbuzeni Mpandeni (58), die soldaat wat dieselfde nag as vyf polisiebeamptes in Ngcobo afgemaai is.

Die groep polisiebeamptes is in Februarie verlede jaar deur ’n groep gewapende mans wat die polisiekantoor binnegeval het, doodgeskiet. Die swaar gewapende aanvallers het Mpandeni buite die polisiekantoor doodgeskiet terwyl hulle in ’n polisievangwa gevlug het.

Verskeie mense is reeds verlede jaar vir dié bloedbad in hegtenis geneem.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming as ’n deurbraak bestempel en sê die polisie het die verdagte ook vir die skietdood van ’n leerling gesoek.

Die leerling is in Januarie in Ngcobo vermoor, maar die polisie het nie besonderhede rondom die kind se moord en ouderdom bekend gemaak nie.

Mdleleni sê beamptes van Oos-Londen se openbare-orde-polisiëringeenheid het Dinsdagmiddag saam met speurders van Ngcobo inligting opgevolg en die man by ’n huis in Ngcobo vasgetrek.

Hy is met ’n ongelisensieerde pistool, ammunisie en ’n R5-magasyn in sy besit betrap.

Hy sal binnekort in die landdroshof in Ngcobo verskyn.

Meer oor:  Ngcobo  |  Soldaat  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.