Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man aangekeer wat sy meisie glo doodkap

Kort nadat hy ’n opgeskorte vonnis vir onder meer aanranding opgelê is, het ’n man van Mpumalanga glo sy meisie die naweek doodgekap.

Mxolisi Zitha (33) is Donderdag deur die polisie in hegtenis geneem en het Maandag op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Eerstehoek verskyn.

Dit is die einste hof wat hom verlede Donderdag skuldig bevind en ’n opgeskorte vonnis opgelê het op aanklagte van huisbraak en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Dit is die einste hof wat hom verlede Donderdag skuldig bevind en ’n opgeskorte vonnis opgelê het op aanklagte van huisbraak en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Volgens die polisie het ’n besorgde inwoner hulle Vrydag van ’n voorval van gesinsgeweld in Hartebeeskop naby Oshoek in kennis gestel. Met hul aankoms op die toneel het die vrou in ’n plas bloed gelê, sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.

Die slagoffer, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, het verskeie kapmerke oor haar lyf gehad.

Zitha het glo gevlug en is ure later deur die polisie by Dundonald naby Elukwatini aangekeer.

Sy saak is tot 20 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga, het Zitha skuld beken op die aanklagte van aanranding en huisbraak en is sy vonnis in geheel opgeskort. Sy kon nie bevestig hoe lank dié vonnis was nie.

Meer oor:  Mpumalanga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.