Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man bel ouers en vra losprys vir 12-jarige kind

“Gee vir my R10 000 en ek sal jul baba teruggee.”

So het ’n onbekende man verlede week oor die telefoon aan die familie van Lunamandla Sithonga (12) van Khayelitsha gesê nadat sy op 9 Julie vermis geraak het.

“Hulle het dadelik gevra om ’n foto van haar te sien of om met haar te praat, maar die man het geweier en gesê dit sal hulle R5 000 ekstra kos,” sê Luyanda Moqhula, ’n familielid.

Lunamandla het daardie oggend op pad skool toe in Eastridge, Mitchells Plain, op ’n taxi geklim, maar sy het nooit by die skool uitgekom nie.

Nou het die polisie die saak na ’n saak van ontvoering verander, het sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, gesê.

“Ná sommige verwikkelinge word ’n ontvoeringsaak nog ondersoek. Mitchells Plain se speurders van die afdeling vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade volg leidrade op, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Lunamandla Sithonga
Lunamandla Sithonga

Moqhula sê: “Die man het die dag toe sy weggeraak het presies geweet wat in haar kosblik was. Hy het vir haar ma gesê van ’n merk wat sy op haar lyf het, en haar ma het geweet van die merk.”

Haar ouers, Vusumzi en Anela Sithonga, woon in Thulanistraat in Khayelitsha.

Volgens Moqhula is die familie nou uiters bekommerd oor haar welstand en of sy regtig nog leef, of sy kos en klere het en of sy veilig is.

“Die man weet baie van haar, maar die familie kan nie seker wees wat op die oomblik met haar gebeur of waar sy is nie.

“Al wat hulle nou kan doen, is wag op nog ’n oproep. Dit is uiters moeilik en hartverskeurend.”

Daar moet na die saak gekyk word binne die konteks van geweld teen vroue en kinders in ons samelewing, sê Zuko Mndayi, Wes-Kaapse provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Jeugraad.

“As ’n organisasie wat geslagsgegronde geweld, huishoudelike geweld en verwante misdade ten sterkste veroordeel, het ons ons by die gemeenskapslede van Khayelitsha en Mitchells Plain aangesluit om na haar te help soek.

“Terwyl die polisie se honde-eenheid en die gemeenskap al amper ’n maand in die veld tussen Swartklip en Mew-weg soek, is die gesin met eise van ’n losprys vir die lewe van die meisietjie gekontak.

“Ongelukkig het die Wes-Kaapse kinderkommissaris nog nie ’n woord gerep oor die saak nie. Ons doen ’n beroep op meer hulpbronne vir die soektog na Lunamandla, en vir psigososiale ondersteuning aan haar gesin.”

Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, speur-sers. Welcome Nkenke, by 063 363 7671 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.