Die polisie in Upington ondersoek ’n gewapende rooftog nadat ’n man Dinsdag van ’n onbekende bedrag kontant beroof is waar hy op pad was om die geld by ’n bank te gaan deponeer.
Volgens sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, is die man Dinsdagoggend in Schroderstraat deur drie mans genader, met ’n vuurwapen gedreig en van ’n onbekende bedrag geld beroof.
Die mans het ná die rooftog in ’n wit Mercedes-Benz weggery.
Enigiemand met inligting oor die rooftog kan a.o. Lucas Isaacs by 054 337 3437 of 082 443 9215 bel.