Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man betrap met vermoorde onnie se selfone, bankkaart

’n Jong onderwyser van Mogwase in Noordwes se vermeende moordenaar het Maandag in die hof verskyn nadat hy met haar bankkaart en selfone betrap is.

Khumontle Mokgosi

Akanyang Rakodi (40) bly in aanhouding en moet weer op 14 Julie in die landdroshof in Mogwase verskyn, het brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Rakodi doen nou aansoek om regshulp. Hy word benewens die moord van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere aangekla.

Khumontle Mokgosi (25) se lyk is verlede Maandag in haar blyplek naby Mogwase in die Rustenburg-omgewing gevind nadat sy nie by die Makoba Secondary School, waar sy lewenswetenskappe gegee het, opgedaag het nie. Haar hande en voete was vasgebind en sy is verwurg.

Rakodi is Vrydag in ’n nedersetting naby Zeerust in hegtenis geneem. ’n Multidissiplinêre span bestaande uit polisietaakspanne van Zeerust en die Bojanala-distrik, asook die verkeerspolisie, was betrokke. Mogwase, waar Mokgotsi vermoor is, is in die Bojanala-distrik in die Rustenburg-omgewing.

’n Voorlopige ondersoek het gewys Mokgosi se bankkaart is (ná haar dood) gebruik om geld te trek by kitsbanke in Northam en Zeerust. Nuutgekoopte items soos klere, ’n motorbattery en drank is ook by die verdagte gevind, het Mokgwabone gesê.

Mokgosi is die afgelope naweek begrawe. Haar neef, Thato Mokgosi, het gesê haar familie sal haar onthou vir haar warm persoonlikheid. Sy het ook baie uitgesien na haar loopbaan as onderwyser wat maar pas begin het. “Ons is verpletter,” het Thato gesê.

Mokgosi het haar onderwysgraad in 2018 by die Noordwes-Universiteit se Mafikengkampus verwerf en het sedert Januarie 2019 by Makoba Secondary skool gehou. “Ons betuig ons innige meegevoel met Mokgosi se familie en die hele skoolgemeenskap,” het Wendy Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, gesê.

“Die onderwysdepartement veg nou teen ’n gemene vyand, naamlik Covid-19. Ons het nie verwag om op dié manier ’n onderwyser te verloor nie. Dit breek ons harte.”

Meer oor:  Vermoor  |  Selfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.