Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man brand op tieners los, tref seun in maag

Die polisie se bende-eenheid in Port Elizabeth ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n tienerseun in die maag geskiet is.

Die 16-jarige seun is Vrydag omstreeks 01:00 gewond nadat ’n man by ’n buitekamer in Gentian-straat, Arcadia, ingebars het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die seun en nog vyf tieners in die kamer gesit en gesels toe die man glo ingebars en geskiet het. Hy het daarna weggehardloop.

Naidu sê net die 16-jarige seun is gewond. Die ander tieners is ongedeerd. Die motief vir die voorval is onbekend.

Die ander tieners is ongedeerd. Die motief vir die voorval is onbekend.

* In ’n onverwante voorval is die polisie Vrydagoggend na Ou Stanfordweg ontbied nadat gemeenskapslede die lyk van ’n taxibestuurder in ’n veld naby die Helenvale-stortingsterrein aangetref het.

Volgens inligting het Jonathan Goliath (34) in Arcadia in Bethelsdorp gewoon en gewerk.

Naidu sê hy is glo omstreeks 06:00 laas lewend gesien voordat sy lyk omstreeks 07:30 met skiet- en steekwonde aan sy bolyf ontdek is. Die motief vir die moord is onbekend.

* In nog ’n onverwante voorval is ’n saak van moord Donderdagaand geopen nadat Claude Goliath (26) omstreeks 18:40 langs sy motor geskiet is.

Naidu sê hy het sy huis in Bardienrylaan, Bloemendal, verlaat toe twee mans glo op hom geskiet het.

Die beseerde Goliath kon nog in sy motor klim en wegjaag, maar hy het beheer verloor en in ’n ander motor vasgery. Sy motor het daarna teen ’n muur tot stilstand gekom.

Volgens Naidu het Goliath bande met ’n bekende bende in die noordelike gebied gehad.

Die polisie het Vrydag nog na Goliath se aanvallers gesoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.