Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man buite Virgin Active doodgeskiet

Die polisie aan die Oos-Rand het 'n reusesoektog van stapel gestuur nadat 'n 34-jarige man Maandagaand buite die Virgin Active-gesondheidsklub in Meyersdal, Alberton, doodgeskiet is.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die voorlopige ondersoek toon die oorledene het in sy motor gesit toe 'n onbekende persoon verskeie skote op hom geskiet het.

"Die man is doodgeskiet. Die verdagte het in 'n wit VW Golf GTI geklim en weggejaag," sê Peters.

Sy sê die polisie ondersoek 'n klag van moord en het 'n enorme soektog van stapel gestuur om die verdagte vas te trek.

Sy doen 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietery om die polisie se 10111-noodnommer te bel of die Brackendowns-polisiekantoor by 011 617 5600.

Virgin Active Meyersdal
'n Lugfoto van die gebied waar die Virgin Active-gesondheidsklub in Meyersdal geleë is. Foto: Google Maps

Meer oor:  Virgin Active  |  Brackendowns  |  Meyersdal  |  Gauteng  |  Polisie  |  Skiet  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.