Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man by kerk met kettings vasgebind

Die polisie ondersoek ’n voorval waar ’n man op 30 Januarie by ’n kerk in Motherwell, Port Elizabeth, vasgeketting is.

Die 20-jarige man, wat glo ’n dwelmverslaafde is, is by ’n St. John’s-kerk met kettings en slotte vasgebind.

Terwyl die polisie die man se kettings losgeknip het, het ’n groep vroue warm water uit emmers na die polisiebeamptes gegooi om te keer dat hulle hom bevry.

Die St.John’s-kerk in Motherwell waar ’n 20-jarige man met kettings vasgebind is. Foto: Argief

Die man se pa het hom glo na die kerk geneem omdat hy gewelddadig raak wanneer hy dwelms gebruik.

Met die polisie se aankoms het die jong man gepleit om vrygelaat te word.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê hoewel die water nie warm genoeg was om ernstige brandwonde te veroorsaak nie, is ’n saak van aanranding aanhangig gemaak.

Die polisie hoop om verdere inligting te bekom van mense wat moontlik voorheen ’n slagoffer van die kerk, óf enige ander kerk in Motherwell was waar mense teen hul wil aangehou is.

Die man het nie ’n klag ingedien nie.

Lede van die kerk het in 2015 weggehardloop toe Die Burger se fotograaf ’n foto geneem het. Dit was nadat ’n 13-jarige meisie vasgeketting gekry is. Foto: Argief

In Augustus 2015 het ’n soortgelyke voorval by dieselfde kerk ook ’n opskudding veroorsaak.

’n Meisie is op die vloer gevind waar sy met kettings aan ’n pilaar vasgebind was. Dit is glo gedoen om haar van bose geeste te verlos.

Hoewel die polisie ’n saak van ontvoering ondersoek het, het die nasionale vervolgingsgesag die saak later teruggetrek.

Enkele dae nadat die polisie die 13-jarige meisie bevry het, het ’n man gesê hy was ook vir dae lank met ’n ketting en slot om sy enkel aan die wrak van ’n bakkie by die kerk aangehou.

Beetge sê sover sy kennis strek is niemand van die kerk al voorheen in verband met die soort optrede vervolg nie.

Hy het ’n beroep gedoen op mense wat kerk’n slagoffer van die kerk was, of inligting oor sulke voorvalle het, om hom by 082 302 5882 te bel.

Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Kerk  |  Vasgebind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.