Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man by moskee in Khayelitsha doodgeskiet

Die polisie ondersoek ’n skietery by ’n moskee in Khayelitsha, Kaapstad, waarin ’n 30-jarige man dood is en nog ’n persoon gewond is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die skietery het Dinsdag omstreeks 19:00 gebeur.

Rwexana het Vrydag bevestig dat die polisie nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem het nie. Dit is ook nie bekend wat die motief vir die skietery was nie.

Die moskee is geleë in Ntlazane-straat.

Die 30-jarige man is op die toneel dood. Die polisie het nie verdere inligting oor die gewonde nie, behalwe dat dié persoon in die hospitaal opgeneem is.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Kaapstad  |  Ondersoek  |  Polisie  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.