Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man by moskee in Springs doodgeskiet

’n Man is Vrydag buite ’n moskee in Springs aan die Oos-Rand doodgeskiet pas nadat hy sy Vrydaggebede gedoen het.

Volgens die polisie was die man op pad na sy motor toe hy deur twee onbekende mans genader is. Hulle het die slagoffer verskeie kere geskiet voordat hulle in ’n silwer Volkswagen Polo weggejaag het.

Die 30-jarige slagoffer is na ’n hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings dood is.

“Die motief vir die moord is onbekend en die polisie soek na die aanvallers,” het kapt. Mavela Masondo Vrydag in ’n polisieverklaring gesê.

Masondo het gevra mense wat die polisie met hul ondersoek kan help, moet na vore kom.

Daar was die afgelope jaar verskeie aanvalle by moskees oor die land heen.

In November is ’n imam gewond en ’n 30-jarige man by ’n moskee in Kaapstad doodgeskiet.

In Junie is twee mans dood ná ’n aanval by ’n moskee in Malmesbury.

Intussen het die polisie alle aanklagte teen sewe van die 19 mans wat in Durban in verband met ’n aanval aangekeer is, voorlopig teruggetrek. Hulle word daarvan verdink dat hulle by ’n aanval op ’n moskee by Verulam betrokke was.

Die aanvallers het die Imam Hussain-moskee in Ottawa, Verulam, bestorm en Abbas Essop vermoor.

Die moskee is ook aan die brand gesteek en ’n ploftoestel is later in die gebou gevind.

Meer oor:  Oos-Rand  |  Polisie  |  Moskee  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.