Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man by musiekfees doodgeskiet
Junior Pieterse wat by die musiekfees doodgeskiet is.Foto: Facebook

’n Een-en-twintig-jarige man is by ’n musiekfees op ’n plaas langs die N7-Weskuspad buite Kaapstad doodgeskiet. Die noodlottige skietery het by die Ipotsoyi-lentefees by die Kaapstad-volstruisplaas naby Philadelphia plaasgevind.

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die skietvoorval word steeds ondersoek. “Die polisie het reageer op die klagte by ’n buitelug-byeenkoms en toe hulle daar aankom, het hulle ’n 21-jarige man gevind wat doodgeskiet is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Rwexana sê speurders volg alle moontlike leidrade op om die skuldiges vas te trek.

Intussen het feesgangers sosiale media aan die gons oor die moord.

Glanskunstenaar en kletsrymer A.K.A, wat die fees se hoofkunstenaar was, moes op Twitter vir feesgangers verduidelik waarom hy nie by die fees kon optree nie. Ná die voorval het polisie die fees gesluit en kunstenaars is verhoed om die verhoog te betree.

’n Feesganger het in ’n Facebook-inskrywing gesê die slagoffer is voor hom geskiet. Foto: Facebook

Tsotso DJ-Teedsoul Thabo het geskryf dat die slagoffer voor hom geskiet is.

@Kyeezi het in ’n twiet die oorledene as Junior Pieterse geïdentifiseer. Hy het ook verskoning vir die feesgangers gevra omdat hulle nie gekry het wat hulle belowe was nie.

Vriende van Pieterse het op sy Facebook-blad hul skok en hartseer uitgespreek.

Deveney Botha het geskryf: “R.I.V boeta jy is weg maar nie vergete nie” Gerswin Smith skryf: “RIV Cuzzi ek kan nie glo ons laaste gesprek was Vrydag nie. Mis jou alreeds”

Zaine Poulton skryf: “Jy is in ’n beter plek... Ek is verby hartseer, tot ons weer ontmoet”

Video’s van die musiekfees, voordat die geweld uitgebreek het is ook op Twitter versprei.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Philadelphia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.