Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dag voor sy verjaardag vermoor

Op die vooraand van sy verjaardag is ’n man Sondagaand in Port Elizabeth in ’n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet.

Die lyk van Ntsikilelo Joyful Sangweni Mabusela (30) is Sondag omstreeks 18:45 met verskeie skietwonde in ’n wit Volkswagen Golf-motor aangetref.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die gemeenskap het die polisie gekontak nadat hulle ’n rits skote in die gebied hoor klap het.

Die polisie het die Golf-motor verlate in Dorahstraat, New Brighton, gevind. Mabusela, wat Maandag sy 31ste verjaardag sou vier, is agter die stuurwiel aangetref.

Hy is vermoedelik van die bestuurderskant af geskiet en verskeie koeëldoppies is langs die motor gekry.

Dit is nog onduidelik of Mabusela enige waardevolle items in sy besit gehad het, maar Beetge sê dit lyk nie soos ’n rooftog nie, maar eerder ’n sluipmoord.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.