Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man deur ‘boendoehof tereggestel’

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat twee mans kort na mekaar in Mosselbaai vermoor is nie, die een skynbaar in ’n boendoehof-voorval.

Foto: Verskaf

Die mans se lyke is Dinsdag in die vroeë oggendure naby mekaar in Kwanonqaba gevind, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder.

Volgens Pojie het die mans na bewering tussen 04:00 en 05:00 rusie gemaak by hulle blyplek in ’n informele nedersetting in Mzolastraat in Aslapark (n Kwanonqaba).

Een van die mans, Silindile Mkhaza (29) het probeer weghardloop, maar is van agter in die rug gesteek. Hy het steekwonde aan sy hande en rug opgedoen en is buite die blyplek aan sy beserings dood, luidens ’n verklaring.

Na bewering het ’n groep van 15 mense toe die huis aan die brand gesteek terwyl die ander man, Siphamandla Koni (25), nog binne-in was. Sy lyk is in die puin gevind nadat die brand geblus is.

Volgens Pojie is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek twee sake van moord. Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, a.o. Geoffrey Moosm by 044 606 5629 of 079 894 1599, of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.