Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dink hy droom tydens erge aanval in bed

’n Deeltydse boer gaan dalk plastiese chirurgie moet kry nadat rowers hom wreed in sy slaapkamer op sy kleinhoewe in Muldersdrift, aan die Wes-Rand van Johannesburg, aangerand het.

Riaan-Juan Smit
Riaan-Juan Smit. Foto: Facebook

Riaan-Juan Smit (53) is met bloeding op die brein, ’n gebreekte arm en kopwonde in die waakeenheid van die hospitaal opgeneem.

Sy suster, Liza Linde, sê vier rowers het hom Saterdagoggend voor dagbreek met bobbejaansleutels, ’n graaf en ander voorwerpe in sy bed bygedam.

“Hy sê hy het gedink hy droom, maar hy het toe gewonder hoekom hy seerkry,” vertel Linde.

Volgens haar het die rowers, wat toegang tot die huis gekry het deur die venster en diefwering van die spaarkamer uit te haal, hom vir ’n geruime tyd onophoudelik aangerand.

“Die rowers het tydens die rooftog nie ’n woord gesê nie. Hy was in soveel pyn dat hy nie kon beweeg nie,” sê sy.

Die rowers het ’n televisie, skootrekenaar, selfoon en selfs met Smit se hond, Sussie, weggekom.

“My broer sê hy het gesien hoe die rowers Sussie, ’n pekinees, vashou. Sy het ’n pienk bandjie om haar nek gehad waarop daar vervalste diamante aangebring is,” sê Linde.

Smit se huis is in ’n omheinde gebied geleë. Sussie is later ’n hele ent van die huis gekry op die plek waar die rowers vermoedelik uit die omheinde gebied gevlug het.

Hy woon alleen in die huis.

Riaan-Juan Smi
Van die kopbeserings wat Riaan-Juan Smit opgedoen het. Foto: Verskaf

Smit het dit reggekry om ná die rooftog hulp te gaan soek. Sy buurman het hom hospitaal toe gebring.

Volgens Linde sukkel haar broer om te praat en hy kla dat hy moeg is.

“Die neuroloog gaan hom môre (Maandag) kom sien. Daar is een spesifieke wond aan sy kop wat baie diep is. Die dokter sê hy sal dalk plastiese chirurgie moet kry om daai deel van sy skedel weer op te bou,” sê Linde.

Marthinus Koekemoer berig die aanval op Smit volg kort ná ’n aanval op ’n ander kleinhoewe in die omgewing waar Paul Borchers en sy seun aangehou is, maar nie beseer is nie. In dié aanval is ’n aantal selfone, ’n skootrekenaar, ’n TV-stel en ongeveer R2 000 in kontant gebuit.

Meer oor:  Muldersdrift  |  Johannesburg  |  Aanval  |  Kleinhoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.