Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dood in geweld in Delft
Blikkiesdorp in Delft. Foto: Son/Jonathan Lestrade

’n Man is dood en ’n vrou beseer in ’n skietvoorval Vrydagaand in Delft naby Kaapstad.

Die lyk van ’n 27-jarige man is Saterdagoggend gevind tussen plakkershutte in Blikkiesdorp, ’n gebied in Delft wat deur geweld geteister word, het Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, gesê.

Die man het skietwonde aan sy kop en lyf gehad.

Rwexana sê ’n groep van sowat 100 mense het Vrydagaand in die strate van Blikkiesdorp opgeruk. Sowat ses plakkershutte is aan die brand gesteek.

’n Vrou (22) is blykbaar ook Vrydagaand in Blikkiesdorp raakgeskiet en in ’n plaaslike hospitaal opgeneem. Die vermoede bestaan dat die man en vrou in dieselfde voorval geskiet is.

Rwexana sê dit is egter nog onduidelik of die brandstigting met die skietvoorvalle verband hou.

Sake van moord, poging tot moord en brandstigting word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die misdade in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Delft  |  Skietery  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.