Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dood in motor in Kaapstad gekry

’n 57-jarige man is Sondag dood aangetref in sy groen BMW in Ottery, Kaapstad. 

Keith Myburgh Foto: Verskaf

Keith Myburgh se lyk is omstreeks 09:00 in sy motor in Enslinstraat gekry. Hy het steekwonde aan sy nek gehad.

’n Familievriend sê Myburgh het ongeveer 2 km van die straat af gewoon, en dit is nie duidelik hoekom hy Sondag daar was nie.

Myburgh is Sondag omstreeks 00:30 laas lewend deur sy familie en vriende gesien.

Sy dood is vir hulle ’n groot skok.

“Dit is skokkend dat so iets met so ’n kalm en liefdevolle mens gebeur het. Mens sou dit nie verwag nie, want hy was ’n goeie mens. Hy het altyd mense gehelp en hul belange eerste gestel,” sê dié familievriend.

Hy is na die toneel om Myburgh se lyk te identifiseer nadat hulle van sy dood in kennis gestel is.

Die polisie was op die toneel.

Volgens die familievriend het dit nie gelyk asof daar gedwonge toegang tot die motor was nie, want hy kon geen skade sien nie.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die motief vir die moord is nog onbekend. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Van Wyk vra dat enigiemand met inligting die Lansdowne-polisiekantoor by 021 700 9000 of 082 576 2804 bel.

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Doodgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.