Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dood ná bakleiery met Uber-bestuurder by lughawe

Die 71-jarige man wat ’n week gelede in vermoedelik ’n padwoedevoorval met ’n Uber-bestuurder by die O.R. Tambo-lughawe betrokke was, is Sondag dood.

Lt.kol. Katlego Mogale het Maandag bevestig dat die man Sondag aan sy beserings beswyk het.

Beeldmateriaal van die voorval by die lughawe op 9 September, wys hoe die man uit sy voertuig klim en die modderskerm van die ander motoris se voertuig skop.

Die twee mans het daarna in ’n woordewisseling en vuisgeveg betrokke geraak, maar ’n veiligheidswag het tussenbeide getree.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Uber-bestuurder aangekla is van aanranding, en dat die klag later na poging tot moord verander is toe hulle verneem het hoe ernstig die aard van die bejaarde man se beserings is.

Die bestuurder is in aanhouding en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kempton Park aansoek om borgtog doen.

Meer oor:  Padwoede  |  Uber  |  Aanranding  |  Lughawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.