Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dood ná erge aanranding in Swellendam

Die polisie in Swellendam ondersoek ’n moordsaak nadat die lyk van ’n 46-jarige man Sondagmiddag omstreeks 15:00 in dié dorp gevind is.

Volgens Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, is die lyk tussen 7de Laan en die Railton-begraafplaas gekry.

“Die polisie het ’n oproep gekry van die man se vriend wat hom in die pad gekry het waar hy gelê het. Die man, wat in die omgewing woon, was op soek na sy vriend toe hy op die lyk afkom.

“Die slagoffer is aangerand en het veelvuldige beserings gehad, hoofsaaklik aan sy kop en bolyf. Volgens inligting het die slagoffer nog asemgehaal toe hy gekry is.”

Malo sê die man is aan sy beserings dood voordat paramedici hom kon help.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek om die Swellendam-polisie te kontak, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

Meer oor:  Swellendam  |  Polisie-Ondersoek  |  Aanranding  |  Misdaad  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.