Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dood ná rusie in hotel

’n Vrou is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat sy na bewering ’n 51-jarige man met ’n mes in die nek gesteek het ten tyde van ’n argument in ’n luukse hotel in Umhlanga in KwaZulu-Natal.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het ’n man en 31-jarige vrou Donderdag omstreeks 22:00 rusie gemaak in ’n hotelkamer op die 13de vloer van die Capital Pearls-hotel in Umhlanga.

“Ander hotelgaste het die onderonsie gehoor en die veiligheidswagte in kennis gestel. Die vrou het glo kort daarna uit die hotelkamer gestorm en om hulp geroep. Die man het ook gegil en toe buite die hotelkamer inmekaargestort.

“Die polisie is ontbied en die man is met ’n wond aan sy nek aangetref. Hy was reeds dood. Die polisie het die vrou in hegtenis geneem en op ’n mes beslag gelê. Die vrou is in aanhouding en sal eersdaags in die hof op ’n aanklag van moord verskyn,” sê Gwala.

Meer oor:  Umhlanga  |  Kwazulu-Natal  |  Hotel  |  Sterfgeval  |  Rusie  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.