Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man dood, vrou beseer in mislukte motorkaping

’n Man is doodgeskiet en sy vrou is beseer in ’n mislukte motorkaping Dinsdagmiddag naby Midrand.

Die polisie het intussen ’n soektog begin na die onbekende aantal verdagtes wat in ’n wit Audi A4 met ’n onbekende registrasienommer gevlug het.

Die polisie het in ’n verklaring gesê die egpaar het in hul Nissan X-Trail by ’n rooi verkeerslig by die kruising van Maple- en Mainweg naby Midrand stilgehou.

“Twee mans het die egpaar se voertuig bestorm en probeer inklim. Die voertuig het teen ’n afdraande agteruitgeloop en in ’n sloot beland,” sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, in die verklaring.

“Skote is glo uit die verdagtes se voertuig afgevuur. Die vrou, wat bestuur het, is in die bolyf gewond en haar man is doodgeskiet.” Sy is na die naaste hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot motorkaping, poging tot moord en moord.

Die polisie doen ’n beroep op enige ooggetuies of enigiemand met inligting om die polisie by 08600 10111 te kontak.

Meer oor:  Beseer  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.