Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man doodgeskiet, kind gewond by moskee in Kaapstad

’n 42-jarige man is dood en ’n kind gewond in ’n skietery Vrydagmiddag by ’n moskee in Athlone, Kaapstad.

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat die skietery om 14:00 in Bokmakieriestraat plaasgevind het en dat die onbekende skieter gevlug het.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê niemand is in hegtenis geneem nie en die omstandighede van die skietvoorval word ondersoek.

“Tydens die skietery is ’n kind in die kruisvuur gewond en na die hospitaal geneem.”

Daar word vermoed dat dit ’n bendeverwante skietery is. – Malherbe Nienaber

Meer oor:  Athlone  |  Kaapstad  |  Man Geskiet  |  Moskee-Aanval  |  Moskee  |  Kind Gewond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.