Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man doodgeskiet terwyl hy hare laat sny

’n Man (22) is Saterdag in Bloemendal, Port Elizabeth, doodgeskiet terwyl ’n haarkapper sy hare gesny het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Dillion Jordaan en ’n vriend was by die haarkapper se huis in Bham Place, Bloemendal, toe die skote begin klap.

Naidu sê ’n onbekende man het die huis van die agterkant af benader en net begin skiet.

“Jordaan en ’n vriend het probeer weghardloop. Hy is egter in sy arm en rug geskiet en is op die toneel dood. Sy vriend (29) het veelvuldige skietwonde opgedoen, maar die haarkapper het daarin geslaag om ongedeerd te ontsnap.”

Georganiseerde misdaad se bende-eenheid in die provinsie ondersoek ’n moordsaak en twee sake van poging tot moord.

“Die voorval is bendeverwant. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Naidu.

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.