Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man doodgesteek en langs pad gegooi

Die polisie in Levubu in Limpopo het ’n “massiewe” soektog begin nadat ’n man se lyk Saterdagaand langs die pad gevind is.

Luidens ’n polisieverklaring is die middeljarige man met sy hande en voete vasgemaak by die Tshitwani-plaas naby Thohoyandou gevind. Hy het talle meswonde gehad.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe is die polisie nie seker wat die motief agter die moord is nie, maar hulle ondersoek wel boendoegeweld.

“Dit blyk asof hy dalk ’n misdaad gepleeg het en toe getakel is. Dit lyk ook asof sy lyk uit ’n bewegende voertuig gegooi is. Ons vermoed hy is elders dood en langs die pad gelos,” sê Ngoepe.

Die polisie doen ook ’n beroep op die publiek om die man te help identifiseer en vra mense wat kennis dra van die geval om na vore te kom.

“Die man het ’n ligte vel, ’n gemiddelde bou en kort hare. Hy het ’n bruin T-hemp aangehad met ’n swart kortbroek en geen skoene nie,” sê Ngoepe.

* Indien iemand inligting het, kan hulle kapt. Ndanganeni Nemavhulani op 082 469 1260 skakel.

Meer oor:  Thohoyandou  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.